DerivedFunction/polyglot-tagger-100L-4M
Token Classification • 0.3B • Updated • 900
sentence stringlengths 9 1.1k |
|---|
Die klimaat van Japan is hoofsaaklik gematig, maar dit verskil skerp tussen die noordelike en suidelike punte van die land. |
Japan se geografiese eienskappe verdeel dit in ses hoofklimaatsones: |
Hokkaido: Die noordwestelike sone het 'n gematigde klimaat met lang, koue winters en koel somers. |
Neerslag is nie swaar nie, maar die eilande ontwikkel gewoonlik diep sneeubanke in die winter. |
See van Japan: Aan Honsjoe se weskus bring die noordwestewind in die winter swaar sneeuval. |
Dit beleef egter soms uiterste warm temperature as gevolg van die Föhn-windverskynsel. |
Sentrale Hoogland: 'n Tipies binnelandse klimaat met groot temperatuurverskille tussen somer en winter, en tussen nag en dag. |
Seto Binnelandse See: Berge van die Chūgoku- en Sjikokoe-gebiede beskut die gebied van die seisoenale wind en bring gematigde weer deur die hele jaar mee. |
Stille Oseaan: Die ooskus ondervind koue winters met min sneeuval en baie warm vogtige somers as gevolg van die suidoostelike seisoenale wind. |
Ryukyu-eilande: Die Ryukyu-eilande het 'n subtropiese klimaat met warm winters en baie warm somers. |
Neerslag is swaar, veral gedurende die reënseisoen. |
Tifone kom algemeen voor. |
Op 31 Maart 1854 het Kommodoor Matthew Perry en die "Swartskepe" van die Amerikaanse Vloot die opening van Japan tot die buitewêreld afgedwing met die Konvensie van Kanagawa. |
Soortgelyke verdrae wat daarop gevolg het met die Westerse lande in die laat Tokugawa-sjogoenaat het Japan in 'n ekonomiese en politiese krisis gedompel. |
Die oormag van die prerogatief en die bedanking van die sjogoenaat het gelei tot die Bosjin-oorlog en die vestiging van 'n gesentraliseerde staat onder die naam van Keiser Meiji . |
Met die aanneming van Westerse politiese, geregtelike en militêre instellings het die Kabinet die Geheime Raad ingestel, die Meiji-grondwet ingevoer en die Ryksdag van Japan gevestig. |
Die Meiji-Herstelling het die Japannese Keiserryk in 'n geïndustrialiseerde wêreldmoondheid omskep wat 'n reeks militêre konflikte van stapel gestuur het om die nasie se invloedsfeer uit te brei. |
Na oorwinnings in die eerste Chinees-Japannese oorlog en die Russies-Japannese Oorlog , het Japan beheer van Taiwan, Korea en die suidelike helfte van Sachalin bewerkstellig. |
Japan se feudale era is gekenmerk deur die opkoms van 'n heersende klas van soldate, die samoerai. |
Ná Joritomo se dood het dit uitgewerk dat die Hōjō-familiegroep as regente van die sjogoens regeer het. |
Zen-Boeddhisme is in die Kamakura-periode uit China ingevoer waarna dit gewild geword het onder die samoerai-klas. |
Die Ashikaga-sjogoenaat wat daarop gevolg het kon nie daarin slaag om die feudale oorlogshere onder bedwang te bring nie, en 'n burgeroorlog het in 1467 uitgebreek wat 'n eeu-lange Sengoku-tydperk ingelui het. |
Afrika is histories die minsbelangrike wêreldstreek vir Japan. |
Japan het min historiese ondervinding met Afrika en beperkte ekonomiese belang wat hoofsaaklik gefokus is op roumateriaalbronne. |
Japan se grootste handelsvennoot in Afrika is Suid-Afrika. |
Dit het Japan internasionaal in 'n onbenydenswaardige posisie geplaas wat gelei het tot die afgradering van diplomatiese en ekonomiese betrekkinge met Suid-Afrika. |
Met die einde van apartheid en die normalisering van internasionale betrekking het Japan se spesiale rol in Suid-Afrika na 1994 geëindig. |
Vandag is Japan se buitelandse beleid teenoor Afrika daarop gevestig om demokrasie en gesonde regering te vestig ter wille van wêreldstabiliteit en vooruitgang. |
Hulpverlening aan die kontinent is nie gemik op korttermyn opbrengste nie, maar word eerder gesien as deel van internasionale pogings om orde te handhaaf. |
Na Hideyoshi se dood het Tokugawa Ieyasu sy posisie as regent vir Hideyoshi se seun, Toyotomi Hideyori, gebruik om politieke beheer en militêre ondersteuning te bewerkstellig. |
Toe oorlog openlik uitgebreek het, het hy verskeie mededingende clans in die Slag van Sekigahara in 1600 verslaan. |
Die Tokugawa-sjogoenaat het 'n verskeidenheid maatstawwe soos Buke sjohatto in plek gestel om die outonome daimio te beheer. |
Die Edo-tydperk het ook aanleiding gegee tot kokugaku, of letterlik "nasionale studies", die studie van Japan deur die Japannese self. |
Die Japannese Reg, wat histories deur Chinese reg beïnvloed is, het in die Edo-periode onafhanklik ontwikkel deur tekste soos Kujikata Osadamegaki. |
Sedert die laat 19de eeu is die regstelsel egter grootliks op die siviele reg van Europa gegrond, veral dié van Frankryk en Duitsland. |
In 1896 het die Japannese regering byvoorbeeld 'n burgerlike wetboek saamgestel gegrond op die Duitse model. |
Met na-Tweede Wêreldoorlogse aanpassing, bly die wetboek steeds in hedendaagse Japan in plek. |
Wettereg vind sy oorsprong in Japan se wetgewer, die Nasionale Ryksdag van Japan, met outomatiese goedkeuring deur die Keiser. |
Die huidige grondwet vereis dat die Keiser wetgewing wat deur die Ryksdag aanvaar word uitvaardig, sonder dat hy spesifiek die mag het om die aanvaarding van wetgewing teë te staan. |
Japan se howe word in vier basiese vlakke verdeel: die Hooggeregshof en drie vlakke van laerhowe. |
In 1937 het Japan ander dele van China ingeval wat gelei het tot die Tweede Chinees-Japannese Oorlog , waarna die Verenigde State 'n olieboikot teen Japan ingestel het. |
Op 7 Desember 1941 het Japan die Amerikaanse Vlootbasis in Pearl Harbor aangeval en oorlog teen die VSA, die Verenigde Koninkryk en Nederland verklaar. |
Die optrede het Japan in die Tweede Wêreldoorlog betrek. |
Na die atoombomaanvalle op Hirosjima en Nagasaki in 1945, tesame met die Sowjetunie se aansluiting by die oorlog teen die land, het Japan ingestem tot 'n onvoorwaardelike oorgawe op 15 Augustus. |
Die oorlog het Japan miljoene lewens gekos en groot dele van die land se nywerhede en infrastruktuur in puin gelaat. |
Die Internasionale Militêre Tribunaal van die Verre-Ooste is byeen geroep deur die Geallieerdes van die Tweede Wêreldoorlog om Japannese leiers vir oorlogsmisdade soos die "Bloedbad van Nanjing" te vervolg. |
Bankwese, versekering, eiendom, kleinhandel, vervoer en telekommunikasie is almal belangrike sektore. |
Japan het 'n reuse industriële vermoë en is die tuiste van sommige van die wêreld se grootste, leidende en mees tegnologies gevorderde vervaardigers van motorvoertuie, elektroniese toerusting, werktuigmasjinerie, staal en nie-ystermetale, skepe, chemikalieë, tekstiele en verwerkte voedsel. |
Konstruksie is reeds lank een van Japan se grootste industrieë, aangehelp deur multi-miljard dollar regeringskontrakte in die siviele sektor. |
Onderskeidende eienskappe van die Japannese ekonomie het tradisioneel samewerking tussen vervaardigers, verskaffers, verspreiders en banke in hegte groepe genaamd keiretsu en die waarborg van lewenslange indiensneming in groot maatskappye ingesluit. |
Meer onlangs het Japannese maatskappye begin om van die norme te laat vaar in 'n poging om winsgewendheid te verbeter. |
Japan handhaaf tradisioneel noue ekonomiese en militêre bande met die land se sleutelbondgenoot, die Verenigde State, en die VSA-Japan sekuriteitsalliansie dien as die hoeksteen van die land se buitelandse beleid. |
Japan is ook 'n lid van die G4-nasies wat hulle vir permanente lidmaatskap van die Veiligheidsraad beywer. |
As 'n lid van die G8, ESASOG, die "VSAN Plus Drie" en 'n lid van die Oos-Asië Vergadering, neem Japan aktief aan internasionale aangeleenthede deel. |
Dit is ook die tweede grootste skenker van amptelike ontwikkelingshulpverlening en het in 2004 VSA$8,86 miljard geskenk. |
Japan het nie-vegtende troepe aan die Irakse Oorlog toegewys, maar het sedertdien sy troepe onttrek uit Irak. |
Byna 700 000 navorsers deel 'n navorsings- en ontwikkelingsbegroting van VS$130 miljard, die derde grootste ter wêreld. |
Van Japan se vernaamste tegnologiese bydraes word aangetref in elektronika, motorvoertuie, masjinerie, industriële robotika, optika, chemikalië, halfgeleiers en metale. |
Japan lei die wêreld se vervaardiging en gebruik van robotika en beskik oor meer as die helfte van die wêreld se industriële robotte wat vir vervaardiging gebruik word. |
Japan is ook die wêreld se grootste vervaardiger van motorvoertuie en die tuiste van ses van die wêreld se vyftien grootste motorvervaardigers en sewe van die wêreld se twintig grootste halfgeleier-verkopers. |
Japan se vervoerstelsel is hoogs ontwikkel. |
Lugverkeer word hoofsaaklik deur All Nippon Airways en Japan Airlines bedryf. |
Spoorweë word onder andere deur Japan Railways Group bedryf. |
Daar is uitgebreide internasionale vlugte uit talle stede van en na Japan. |
Die Shinkansen sneltrein is 'n simbool van Japan se tegnologiese vooruitstrewenheid. |
Vandag verbind die netwerk met 'n totale lengte van 2 459 km meeste groot stede op die Honsjoe- en Kioesjoe-eilande teen werksnelhede van 300 km/h. |
Japan se wetgewende orgaan is die Kokkai of Nasionale Ryksdag, 'n tweekamerparlement. |
Daar is algemene stemreg vir volwassenes oor 20-jaar, met 'n geheime stem vir alle verkose ampte. |
In die algemene verkiesing, wat op 30 Augustus 2009 gehou is, het die sentrum-linkse Demokratiese Party van Japan 'n historiese oorwinning behaal. |
Japan se militêre magte word beperk deur Artikel 9 van die Japannese Grondwet, wat Japan se reg om oorlog te verklaar of militêre mag te gebruik om internasionale geskille te besleg opsê. |
Daar word egter 'n debat gevoer oor die moontlike wysiging van die grondwet, wat deur die Amerikaanse besettingsowerheid opgestel is na die Tweede Wêreldoorlog, om die grondwet deur 'n referendum aan te pas. |
Japan se weermag word deur die Ministerie van Verdediging bestuur en bestaan hoofsaaklik uit die Japan Land-selfverdedigingsmag, die Japan Maritieme-selfverdedigingsmag en die Japan Lug-selfverdedigingsmag. |
Japan is met 'n aandeel van 3,5 persent van wêrelduitvoere en 4,3 persent van wêreldinvoere in 2015 een van die vier grootste handelsnasies, al het die land se belangrikheid vir die wêreldhandel sy hoogtepunt reeds oorskry. |
Die buitengewoon snelle groei ná die Tweede Wêreldoorlog het voortgeduur tot 1993 toe die Japanse ekonomie ten opsigte van sy buitelandse handel 'n periode van stagnasie en krimpende aandele betree het. |
Sy aandele op die wêreldmark het afgeneem teen die agtergrond van China en ander nuut geïndustrialiseerde lande se groeiende buitehandel, maar ook as gevolg van swakker mededingendheid teenoor ander uitvoerlande. |
So het Japan sy vroeëre posisie as die wêreld se grootste invoerder van onverwerkte natuurlike hulpbronne, grondstowwe en landbouprodukte intussen ingeboet. |
Japan se hoofuitvoere is vervoertoerusting, motorvoertuie, elektronika, elektriese masjinerie en chemikalië. |
Met weinig natuurlike hulpbronne om ekonomiese ontwikkeling te onderhou steun Japan op ander lande vir meeste van sy grondstowwe; die land voer dus 'n verskeidenheid goedere in. |
Japan se hoof invoere is masjinerie en toerusting, brandstof, voedsel , chemikalieë, tekstiele en ander grondstowwe vir sy industrieë. |
Japan se algehele grootste handelsvennote is China en die VSA. |
Omdat slegs 15% van Japan se grondgebied vir landbouverbouing geskik is word 'n stelsel van terraslandbou gebruik om klein gebiede optimaal te benut. |
Dit het gelei tot een van die wêreld se hoogste gewasopbrengste per oppervlakeenheid. |
Japan se klein landbousektor is ook swaar gesubsidieer en beskerm. |
Japan moet ongeveer 50% van sy graanbehoeftes en ander voergewasse behalwe rys uit invoere bevredig en die land is van invoere afhanklik vir meeste van sy vleisverskaffing. |
Japan handhaaf een van die wêreld se grootste vissersvlote en dra byna 15% van die globale vangs by. |
Japan steun op ander lande vir byna al sy olie en kos. |
Die vroeë 20ste eeu het 'n kort tydperk van "Taishō-demokrasie" gesien wat oorskadu is deur die opkoms van Japannese ekspansionisme en militarisasie. |
Die Eerste Wêreldoorlog het Japan, wat by die seëvierende Geallieerdes aangesluit het, toegelaat om sy invloed en territoriale besittings uit te brei. |
Japan het sy ekspansionistiese beleid voortgesit deur Mantsjoerye in 1931 in te val. |
As gevolg van internasionale veroordeling van die besetting het Japan twee jaar later uit die Volkebond bedank. |
Regeringspogings om ekonomiese groei te laat herleef was nie juis suksesvol nie en is verder belemmer deur die verlangsaming van die globale ekonomie van 2000 tot 2001. |
Die ekonomie het na 2005 tekens van herstel vertoon met BBP vir daardie jaar wat op 2,8% gestaan het. |
Voordat Japan verhoudinge met China gehad het, het dit bekendgestaan as Wa of Yamato . |
Die Japannese naam Nippon word gebruik vir meeste amptelike doeleindes, insluitende geld, posseëls, en internasionale sportbyeenkomste. |
Nihon is ook 'n gewilde term in Japan. |
Die naam "Japan" is afgelei uit die Chinese weergawe van die naam. |
Die vroeë Mandaryns-Chinese woord vir Japan is opgeteken deur Marco Polo as Cipangu. |
In Afrikaans word die land eenvoudig "Japan" genoem. |
Die amptelike Japannese titel is Nihon-koku , letterlik "Staat Japan." |
Akihito was die 125ste tennō van Japan en sy regeringstyd het bekend gestaan as Heisei . |
Filtered sentence snippets in Wikipedia, by taking the first 60% of an article after filtering for stubs. Minor Latin groups are additionally filtered again for English leakage.
Each file is in this format for languages in ISO 639 2-letter codes:
train/en/en.parquettrain/es/es.parquetwikimedia/wikipedia
Copyright licensing information: https://dumps.wikimedia.org/legal.html
All original textual content is licensed under the GNU Free Documentation License (GFDL) and the Creative Commons Attribution-Share-Alike 3.0 License. Some text may be available only under the Creative Commons license; see their Terms of Use for details. Text written by some authors may be released under additional licenses or into the public domain.
@ONLINE{wikidump,
author = "Wikimedia Foundation",
title = "Wikimedia Downloads",
url = "https://dumps.wikimedia.org"
}