sentence stringlengths 6 1.49k |
|---|
Ook Plek vir een toon aan hoe velkleur nie die eendersheid van die mens kan verander nie. |
Teenoor hierdie toespelings op die Suid-Afrikaanse aktualiteit werk hy in twee verhale met temas uit die kontemporêre Europese geskiedenis. |
Die liefde van ’n jong soldaat vir ’n meisie wat in dieselfde dorpie as hy woon, word deur ideologiese grense gestuit. |
Hulle word geskei wanneer die dorp tydens ’n oorlog in twee vyandige kampe verdeel word. |
Hierdie kortverhaal word as kort radiodrama verwerk en in 2015 oor Radiosondergrense uitgesaai. |
Rabie gebruik surrealisme om die absurditeit van die mens en sy lewe uit te beeld, telkens op simboliese en allegoriese wyse. |
In Parys in Frankryk val ’n man teen die relings van die Luksemburgtuin en kan nie weer orent kom nie. |
Groot skare drom om hom saam, maar slegs drie mense tree met die man in interaksie. |
Die een ontbied ’n ambulans, die ander probeer ’n gesprek voer met die sieke. |
Die sieke gryp na ’n omstander, ’n skraal man, se been en die skraal man tree vorentoe sodat die sieke aan sy been kan vashou. |
Wallis se nagtelike gedaanteverwisseling voor ’n spieël uit, met die spieël wat eie beeld weerkaats maar terselfdertyd simbool word van die gemeenskap wat hom dophou en later genadeloos verander in onsigbare wesens wat hom aanval. |
Die drie-eenheid van kaalkoppe impliseer ook ’n godheid, die mens-as-god, wat alles rondom hom in sy wellus vernietig en die beeld van die goddelike word verder versterk deur die hoofsaaklik vleis en wyn van die ete. |
Teenoor die drie kaalkoppe staan die streng, emosielose, skraal kelner wat in sy swart aandpak voortdurend geregte aandra en so die groteske en absurde van die toneel versterk. |
Dat hierdie proses tot in die oneindige voortgaan, sien ’n mens in die voorbereiding wat die kelner aan die einde vir die volgende dag se maal tref. |
Sy gaan haal dan vir haar die hond wat pas vir die dag in die groot saal van die honde. |
Dit is die reaksie van die foksterriër op haar keuse wat die grootste gedeelte van die verhaal behels. |
Wanneer dit die dag sy beurt is, vergoed dit vir al die ander dae se teleurstellings. |
Die onverskilligheid en hardvogtigheid van die vrou staan hier in dramatiese teenstelling tot die passie en vreugde van die hond. |
Ek het jou gemaak eindig met Ingenieur Jacobs se robot-bruid wat hom onverbiddelik nader vir die laaste dodelike omhelsing, sodat die verhaal boodskap word van hoe die mens slagoffer word van sy eie drome en vindingrykheid. |
Twee groepe kinders is op die speelgrond, dié wat hartstogtelik en passievol is oor hulle speletjie en dié van die Ontstelde Staar wat elkeen op sy eie dans vir die muur. |
Die muur is dan simbool van die werklikheid, ook van die dood en van die lewe, wat afgespeel word teen moontlikheid, die spel. |
Hierdie verhaal word ’n verkenning van die eksistensiële angs en die manier waarop elkeen die lewe bedryf. |
Die padda en die maan is gebaseer op ’n ou Indiese fabel, terwyl Gondel-deuntjie die moderne milieu van Venesië met die verhaal van Demeter en Persephone verbind, waardeur die gondelvaart met talle fyn suggesties die aanskyn van ’n dodereis oor die Styx kry. |
Een-en-twintig word ook in Russies vertaal. |
Hierdie bundel word in 2000 heruitgegee onder die titel 21+, met insluiting van ’n aantal van die oorspronklike Engelse weergawes. |
André P. Brink skryf ’n insiggewende inleiding tot hierdie bundel. |
Hy volg hierdie kortverhale op met Dakkamer en agterplaas, wat ook in Parys ontstaan het. |
Die twaalf verhale hierin is egter aansienlik langer, die verteltrant losser en die styl meer realisties en minder intens. |
Die bundel vind tog aansluiting by 21 deur die temas wat aangeraak word en ook deur die gebruik van blote skildering van ’n situasie, waardeur die betekenis iewers agter die woorde en beeld lê. |
Basie kry skadevergoeding as gevolg hiervan en verspil hierdie geld op uitspattighede en genot soos partytjies, brasserye en besoeke aan die stad. |
Wanneer al die geld op is, stel Basie voor dat sy oorlewende seun Sampie met die laaste geld ’n treinkaartjie koop Kaapstad toe om ook daar te gaan werk. |
Die bed vertel van twee broers (die luidrugtige Groot Kerneels en die sieklike en stiller Hans) wat albei op dieselfde meisie verlief is. |
Hester is te bang om te kies, maar haar pa, ou Tewie, verkies beslis vir Kerneels. |
Kerneels koop ’n groot dubbelbed op ’n vendusie en beloof vir Hester dat hy nie daarop sal slaap voor hulle troue nie, maar Hester is nie beïndruk nie. |
Kerneels wil die gebeurtenis vier en hy en sy vriende begin sommer dadelik, vanwaar hulle met moeite die bed na Kerneels se huis vervoer. |
Die spul stop by ou Tewie se huis om verder te kuier, vanwaar hulle die bed verder per skuit na Kerneels se huis moet neem. |
Die hele tyd treiter Kerneels vir Hans, maar wanneer die bed afgelaai moet word, sê Hans dat hy dit alleen sal doen. |
Hy balanseer die swaar bed op sy kop en skouers en spring dan daarmee in die rivier. |
Kerneels is nie begaan oor sy broer se lot nie en kry eindelik die bed opgehys uit die rivier, met Hans se slymbedekte lyk wat steeds aan die onderkant daarvan vasklou. |
Kerneels het die bed in sy slaapkamer laat sit, maar Hester het nooit sy vrou geword nie, sodat Hans ten spyte van sy dood tog hier die oorwinning behaal het. |
Waar jý sterwe verwys na Rut se bekende woorde uit die Bybel en impliseer dat daar ’n keuse gemaak moet word, soos Rut gedoen het, oor wie voortaan die ware volk sal wees. |
Katryn het twee kinders, die ligte Thomas en die donker Lea. |
Thomas trou met ’n ligte Baster meisie en hulle leef as blankes aan die Oosgrens, met sy blas seun, ook Thomas, wat met ’n wit meisie trou. |
Die donker Lea is getroud met ’n Khoi en hulle het vyf donker kinders, onder wie Douw Prins, wat met Rut Arendse trou (waar Rut se naam simboliese waarde aan die titel van die roman gee). |
Douw is deel van die al groter wordende gekleurde groep sonder identiteit en selftrots, wat hoofsaaklik met veragting bejeën word. |
Hierdie miskenning van sy menswaardigheid dwing Douw tot die verset en bitterheid in sy lewe, gemik beide teen die blankes en sy eie mense wat hulle die onderdanigheid laat welgeval. |
Hy verkry sy eie onafhanklikheid en vryheid, maar word juis daarom ’n eensame figuur wat nêrens in die gemeenskap inpas nie. |
Die blankes bejeën hom met agterdog en die swartes is vir beide hom en die blankes ’n bedreiging. |
Douw word ook deur sy neef, Thomas Muller, verstoot en eindelik gedood. |
Hy vind dat haat ’n tiran en slawemeester is, waaruit jy slegs deur liefde verlos kan word en daardeur dan innerlike vryheid verkry. |
Twaalf jaar na eerste publikasie word die roman vir gebruik op skole onder beheer van die Departement van Kleurlingsake voorgeskryf, maar word halfpad deur die jaar sonder opgaaf van redes skielik onttrek en teen hoë koste vervang, waarskynlik weens die gebruik van raspejoratiewe wat in die tydperk onder bespreking alg... |
Hy skryf ook reis- en verblyfboeke. |
Hier besoek en beskryf hy plekke soos St. |
Lucia, die Drakensberge en Mont-aux-Sources, Howick en die kusgebiede. |
Die skrywer openbaar hom hier as iemand wat intensief waarneem en op sy eie manier interpreteer. |
Hersiene gedeeltes uit die reisverhaal word later opgeneem in die bundel Rooi en Tuinprovinsie Natal , laasgenoemde onder redaksie van C.J.M. Nienaber. |
Haan vir Eloúnda vertel van Jan en Marjorie se verblyf van dertig maande in die dorpie Eloúnda op die Griekse eiland Kreta, waar die Westerse beskawing sy vroegste ontstaan gehad het. |
In die boek word die mense en gewoontes van die dorp beskryf teen die agtergrond van die historiese en geografiese geheel van die streek. |
Veral knap is die manier waarop ’n ewewig gehandhaaf word tussen besonderhede oor persoonlike belewenis en inligting oor die eiland en sy mense en geskiedenis. |
Die groot anders-maak kan beskou word as ’n hoogtepunt in Rabie se romankuns. |
Dit beeld die desintegrasie van die Khoi-nasie uit teen ongeveer 1730, as gevolg van hulle aanraking met wit trekboergesinne waardeur hulle kultuur ondermyn word. |
Die naam van die roman dui op die Khoi-Khoi se gewoonte om by die nuwemaan te dans om hulleself “anders” te maak, dit wil sê te vernuwe soos die maan. |
Die grootste vernuwing is egter die ontmoeting en vervlegting van verskillende rasse aan die Kaap, wat aanleiding gee tot ’n nuwe, Afrikaanse ras, en die verbrokkeling van die Khoi-Khoi. |
Thomas Muller , trek saam met sowat dertig mense die binneland in op soek na beter weivelde. |
Muller moes sy erfdeel Mooiplaas aan sy jonger broer afstaan nadat ’n kind uit sy verhouding met die Khoi-vrou Keas gebore is en hy gedwing word om met ’n wit vrou te trou. |
Kaptein Oasib klou krampagtig aan die oorgelewerde leefwyses van sy stam vas. |
Sy seun Damoeb is verlief op Keas, die Khoi-vrou wat by wit mense grootgeword het en vrugteloos probeer om na die stam en sy gewoontes terug te keer. |
Sy besef dat die stam en sy leefwyse reeds gedoem is. |
Damoeb verwerp egter die Khoi-tradisies en beweeg nader aan die blanke leefwyse. |
Deur die Khoi se verdere verknegting verloor hulle dan hulle stamstelsel en taal en begin Kaaps-Hollands praat. |
Dit word egter afgekeur deur plaaslike en oorsese uitgewers en word eindelik eers in 1963 gepubliseer. |
Die roman is met sy eksistensialistiese struktuur van angs en vreemdheid wat van buite opgedring word, die vonnis en beheer deur feitlik onsigbare magte, beklemmende owerheidsbeheer en identiteitsverwisselinge ’n boeiende ondersoek na ’n outsider-figuur in die samelewing. |
Op die oggend van sy geskeduleerde fusillering vind hy sy seldeur op onverklaarbare wyse oop. |
Hy ontsnap en dwaal in die stad rond, waar hy vind dat die stad intussen beset is. |
Hy kom met baie mense in aanraking, maar maak met geeneen werklik kontak nie. |
Doelloos dwaal hy rond, sonder rigting en selfs identiteit en sonder verantwoordelikheid. |
Hy vind hom in ’n verskrikkingswêreld, waar die geweld hoogty vier en die opponerende magte nie maklik identifiseerbaar nie. |
Hierdie verhouding groei stelselmatig en na haar dood neem hy die verantwoordelikheid op van haar kind . |
Daar is geen direkte verwysings na ’n bepaalde stad of oorlog nie en die ideologiese verskille tussen die twee strydende magte word nie regstreeks tot enige kontemporêre politieke situasie herlei nie. |
Die hoofaksent val dus op die angs en stryd van Lukas Alwyn teen verskillende bomenslike magte wat hom in ’n wêreld van gevoelloosheid en afgryse omring. |
Jan Rabie begin sy kreatiewe loopbaan as digter. |
Sy eerste letterkundige pogings, veral gedigte maar ook enkele prosastukke, verskyn in die Stellenbosse Student en met ’n gedig in die April-Mei 1940 uitgawe wen hy ’n prysgeld van sewe sjielings en ses pennies. |
Reeds in 1939 stel hy ’n bundel gedigte saam onder die titel Bewuste stryd, maar lê dit nie voor vir publikasie nie. |
Om ekstra geld te verdien stuur hy ook gedigte en verhale vir publikasie na Die Huisgenoot, Die Brandwag, Naweek, Die Kerkbode en Die Landbouweekblad. |
Eindelik word amper honderd van sy gedigte in tydskrifte gepubliseer. |
Johann de Lange en Antjie Krog neem die gedig Die vriend op in die versamelbundel Die dye trek die dye aan. |
Hoewel hy later die digkuns versaak en hom net op prosa toespits, is die gedigte ’n goeie oefenmedium om sy skryfkuns te slyp en verraai die ritmiese en beeldryke prosa van veral sy kortkuns die positiewe invloed van hierdie skryfwerk. |
Die hoogtepunt is Die groot vrot, ’n surrealistiese allegorie en sosiaal-polities betrokke verhaal. |
Die mense van die dorp word teen die Buitemense gestel. |
Die aarde is besig om te vrot en die Buitemense het reeds weggevlug. |
Sy verwag later sy kind, maar wil slegs teruggaan na haar eie land oorkant die see. |
Met ’n klein skuit en onvoldoende proviand vaar hulle aan die einde die diep see in op ’n reis wat net een einde kan hê. |
Khoib is op pad na ’n droomland. |
Betrokkenheid by sosio-politieke kwessies |
Jan gee in ’n aantal belangrike openbare lesings leiding oor sosio-politieke aangeleenthede. |
Minder Europa, meer Afrika is ’n pleidooi aan veral die blankes om minder te fokus op die Europese verlede en gewoontes en meer inheems aan Afrika te word, terwyl Afrikaans en die Nasionale Party uitwys hoe die beperkende optredes van die regerende party Afrikaans benadeel en bruin taalgenote vervreem. |
Hy neem ook proaktief deel aan die stryd teen sensuur en by sy openbare optredes by plekke soos die Universiteit van Stellenbosch en Wes-Kaapland bepleit hy die opheffing van die onsinnige jag op boeke. |
Ook as lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns maak hy voorbrand vir menseregte en stel voor dat bruin skrywers soos Adam Small en S.V. Petersen as lede van die Akademie toegelaat word. |
Wanneer die Akademie sloer met ’n besluit oor hierdie aangeleentheid, bedank Jan uit die Akademie en saam met hom ook F.A. Venter, Etienne Leroux, Leon Rousseau, Elsa Joubert, Chris Barnard en Abraham H. de Vries. |
Hy behartig vir baie lank ’n gereelde rubriek oor die Afrikaanse letterkunde in die Cape Times. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.